Turkse Lugmag

Turkse Lugmag
Türk Hava Kuvvetleri
Gestig 1911 (Ottoman Aviation Sqd.)
23 April 1920 (Turkse Lugmagtak)
Land Vlag van Turkye Turkye
Onderdeel van Turkse Weermag
Tipe Lugmag
Logo
Rondeel
Hoofkwartier Ankara
Aantal lede 50 000 personeel
Mars Turkse Lugmag-mars
Kleur Grys, wit & blou             
Uitrusting 1 248 vastevlerkvliegtuie
720 helikopters
185 Onbemande lugvaartuie

Die Turkse Lugmag (Turks: Türk Hava Kuvvetleri) is die lugvleuel van die Turkse Weermag. Die Turkse Lugmag kan sy oorsprong terugdateer na Junie 1911 toe dit deur die Ottomaanse Ryk gestig is, [1] alhoewel die lugmag soos dit vandag bekend staan, eers in 1923 tot stand gebring is met die skepping van die Republiek van Turkye.[2]

In 1998 het die Turkse Weermag 'n program van modernisering ter waarde van VS$ 160 miljard oor 'n periode van twintig jaar in verskillende projekte aangekondig.[3] 45 miljard dollar is geoormerk om vir die opknapping van die Turkse Lugmag te gaan, en sluit die ingebruikneming van nuwe vegvliegtuie (bestaande uit TAI TFX en Lockheed Martin F-35 Lightning II) en helikopters (bestaande uit aanval, swaarlig, mediumlig en ligte helikopters vir algemene doeleindes) in.

Die wêreld se eerste swart vlieënier Ahmet Ali Çelikten en die eerste vroulike vegvlieënier Sabiha Gökçen het albei in die TAF gedien. [4]

  1. Mebs, Hv. K. K. "The First Establishment and the Early Years". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2011. Besoek op 24 Desember 2014.
  2. "Scramble on the Web: Turkish Air Force - Order of Battle". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2010.
  3. Economist Intelligence Unit: Turkey, p.22 (2005)
  4. "First female combat pilot". Guinness World Records.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search